"Dit gebeur dikwels dat 'n skietoorlog deur 'n tweede oorlog gevolg
word. Dié oorlog word nie met ammunisie of kartetse gevoer of met
tenks and bomwerpers nie, maar met words."
In 1987-1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die
toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die
fokuspunt van 'n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen
het.
Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is
nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering,
Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika
verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as
afspringplek gebruik om Luanda in te neem.
Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig 'n doelwit vir die Suid-Afrikaners?
Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs
gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die
taktiese en strategiese besluite ondersoek wat 'n bepalende rol in die
ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.
Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad
van feite kan staan.